Drakensberg House

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 25 % af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 5 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Drakensberg House bied verblyf aan 'n groep van 8 gaste en is in die privaat Bergview Landgoed in die skilderagtige Champagne-vallei geleë. Dié verblyf is ideaal vir gaste wat graag in 'n veilige omgewing wil vertoef terwyl hulle die wild geniet.

Die kothuis het 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n kombuis met 'n yskas, skottelgoedwasser, mikrogolf, elektriese en gasstoofplate. Verder is daar 'n oopplan-eetkamer met 'n etenstafel en 4 stoele, asook 'n sitkamer met 'n houtvuurstoof. Die aparte woonstel het slaapplek vir 2 gaste en kan saam met die kothuis bespreek word. Buite is daar 'n groot ontwerperstuin, braaigeriewe en 'n sitarea. Oorgenoeg onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Tydens jou verblyf mag jy dalk op blouwildebeeste, duikers, blesbokke, Egiptiese kolganse, servals, ystervarke, jakkalse, bobbejane, blouapies, asook verskillende spesies muishonde en die Kaapse otter afkom. Die langoed bied ook 'n "Aasvoël-restaurant" waar gaste die Kaapse aasvoël van naderby kan sien wanneer hulle gevoer word. Ons is net 'n klipgooi vanaf internasionale hotelle met swembaddens, 'n meer, en doendinge soos bootvaart, visvang, boomtoptoere, warmlugballonritte, helikopterritte, voetslaan, tennis, muurbal, rolbal en gholf.

Vir buitelug-avonturiers is daar verskeie voetslaanpaaie. Vanaf Monk's Cowl kan voetslaners die skouspelagtige pieke bereik. Indien jy 'n makliker voetslaanroete verkies, is Hlatikulu-bospaadjie ideaal. Nandi's Waterval is 'n heerlike plek om te rus en voetslaners kan ook die Mpofanarivier se poele verken. Verder is daar ook 'n daglange voetslaanroete wat jou verby die vallei se sandsteenrotse tot by die grasvelde aan die voet van Cathkin-piek neem, waar reebok, elande en voëls te sien is. Vir ernstige voetslaners is daar meer gevorderde voetslaanpaaie.

Slaapplek

'n Bespreking by Drakensberg House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  Gedeelde DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Drakensberg House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 R2 250 per nag (plek vir 8)

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 5 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za