Duke's Nest
Kry 20% af op alle besprekings wat 5 dae of minder voor jou verblyf gemaak word (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 3 Jan 2021 tot 13 Feb 2021.
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mosselstraat 9, Oesterbaai, 6301, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 500R2 000 per nag (vir 8 persone)
Beskrywing
Duke's Nest is in die afgeleë kusdorp Oesterbaai geleë en dit bied rustige verblyf. Oesterbaai het alles wat gaste sal benodig en is naby ander dorpies met verskeie winkels, restaurante en doendinge.
Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 5 slaapkamers en bied slaapplek vir tot 10 gaste met maksimum 8 volwassenes.
Daar is 2 slaapkamers op die boonste verdieping en die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n aparte toilet. Daar is 'n balkon met pragtige uitsigte op die berge, vallei en oor die see.
Die aparte, enkelverdieping deel van die huis het 3 slaapkamers en 'n leefarea en is met 'n skuifdeur gekoppel aan die dubbelverdieping, dit is dus een eenheid as geheel. Die een slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met bad, toilet en wasbak. Dit is geskik vir gaste in rolstoele.
Die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens en deel 'n aparte badkamer met ’n bad of stort, toilet en wasbak met die derde kamer waarin 'n dubbel stapelbed is, slegs geskik vir kinders.
Daar is 'n eetkamer, sitkamer, kombuis en opwaskamer op die grondvloer. Die kombuis is toegerus met alles wat gaste nodig het vir selfsorg, soos 'n dubbelwasmasjien en 'n diepvrieskas.
Die sitkamer het pragtige see-uitsigte en 'n LED-TV met DStv (Premium-pakket). Die sitkamer bied toegang tot die patio met sonstoele.
Daar is binnebraaigeriewe met hout of brikette vir die eerste braai. Die winkel in Oesterbaai het die nodige produkte en is net 250 m van die huis af.
Daar is ook 'n buitestort met warm- en koue water vir sanderige lywe na 'n dag op die strand of vir 'n visserman na 'n dag op die rotse.
Slaapplek
’n Bespreking by Duke's Nest sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Mosselstraat 9, Oesterbaai, 6301, Oos-Kaap
- Gaste dink Duke's Nest het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oesterbaai Cacadu-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mosselstraat 9, Oesterbaai, 6301, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom