Dunkeld Equestrian Estate Self-catering Unit

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dunkeld Equestrian Estate Self-catering Unit is 'n vakansiehuis in 'n sekuriteitslandgoed aan die buitewyke van die skilderagtige dorpie Dullstroom.

Die landgoed bied 'n hele rits doendinge en geriewe. Die lodge is ten volle gemeubileer en bied slaapplek vir 8 volwassenes en 2 kinders. Daar is 4 en suite-slaapkamers en 2 slaapbanke in die sitkamer vir 2 kinders jonger as 12 jaar. Elke slaapkamer het 'n aparte ingang en 'n privaat stoep met 'n pragtige uitsig oor die landgoed.

Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens op versoek, 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n plafonwaaier. Die kombuis is toegerus met al die nodige om maaltye voor te berei.

Buiten die 2 slaapbanke, het die leefarea ook 'n TV met DStv en 'n kaggel. Die sitkamer lei na 'n braai-area. Doendinge in die landgoed sluit perdry, kunsvlieghengel, bergfietsry en voetslaanroetes in.

Ander geriewe sluit 'n spa, restaurant, jazz-kroeg en gastesitkamer met 'n kaggel in. Gaste het ook toegang tot die vermaakarea met 'n binnenshuise verhitte swembad, speletjieskamer, minigholfbaan, tennisbaan en 'n supermark waar die nodige aangekoop kan word.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dunkeld Equestrian Estate Self-catering Unit gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 900 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za