Duvet & Crumpets

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Benodig jy verblyf tydens 'n besoek aan Pietermaritzburg? Dan het ons net die plek vir jou! Duvet & Crumpets bied luukse akkommodasie vir sakelui, gesinne, sportspanne, toeriste en meer teen bekostigbare pryse.

Ons verblyf-opsies wissel van B&B tot selfsorg en is geskik vir individue, groot groepe of gesinne. Die kamers is mooi gemeubileer en elke kamer het sy eie TV met sekere DStv-kanale. Meeste van die gastehuis se kamers is en suite met sy eie TV en elke kamer het koffie- en teemaakgeriewe. Let asseblief daarop dat ons gesinskamers nie luukse kamers is nie.

Elke selfsorg-eenheid is toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n ketel, 'n broodrooster en breekware. Linne word voorsien en 'n wasgoeddiens is beskikbaar teen ekstra koste. Daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Die tuinkothuis het 2 slaapkamers, 'n sitkamer, 'n eetkamer, 'n kombuis en 'n volledige badkamer. Die kothuise is ten volle toegerus en is ideaal vir kort of langer verblyf.

Duvet & Crumpets is baie gerieflik geleë in die noordelike voorstede en is naby al die geriewe van Maritzburg, soos die Royal Skougronde, Victoria Country Club, Midlands Mall en die Stadsaal waar die Comrades en fietswedrenne begin.

Om sekuriteitsredes laat ons net betalende gaste op die perseel toe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  DVD-speler
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Duvet & Crumpets gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za