Eco Cabana 8 @ Buff and Fellow Eco Cabins
8 gaste
3 slaapkamers
4 beds
2 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - R102, Buff and Fellow, George, 6535, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Eco Cabana 8 @ Buff and Fellow Eco Cabins is 'n selfsorgeenheid tussen ander eenhede op die skilderagtige Buff and Fellow Farm, 'n buffelstoetplaas.
Dié cabana het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 'n koninggrootte-bed en 'n stapelbed het. Die 2 badkamers het elk 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die ruim oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, 'n lieflike eetarea en leefarea en 'n ingeboude kaggel.
Die eenheid lei na 'n lieflike buitestoep met 'n houtvuur-warmbad wat spog met 'n pragtige uitsig oor die dam en op die Outeniekwaberge.
Op die plaas kan gaste gereeld 'n verskeidenheid wilde diere sien wat om die dam wei. Aktiwiteite wat beskikbaar is, sluit in kano's, wynproe saam met die eienaars, voëlkyk, fietsry en toere om die buffels te besigtig. Gaste kan ook op die plaas ontspan en die rustige omgewing inneem.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Frikkie Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 51
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- R102, Buff and Fellow, George, 6535, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
R102, Buff and Fellow, George, 6535, Wes-Kaap
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang