Malotiroete Akkommodasie by Eingedi Retreat | LekkeSlaap
+149
+149

Eingedi Retreat

Selfsorg
  • Vanaf R240 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 126 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hospitaalstraat R26, Eingedi Retreat, Ladybrand, 9745, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Eingedi Retreat is ’n wildplaas in die Oos-Vrystaat en bied 10 unieke chalets/houthuisies. Hier is verskeie doendinge vir jonk en oud.
Ons somers is warm en lewendig en winters vars met knus aande en matige dae.

Familie is baie belangrik by Eingedi Retreat en ons streef daarna om 'n familievriendelike-omgewing te skep. Alkoholmisbruik, harde musiek en onordelike gedrag word nie toegelaat nie. Ons leuse is "Riviere van lewende water" uit Johannes 7:37-38 ons weerspieël dit by Eingedi Retreat as 'n plek van rus en verfrissing.

Verblyf word gebied in 11 unieke chalets. Drie van die chalets is houthuisie. Daar is slaapplek vir 3 tot 11 gaste. Die eenhede het elk 'n privaat badkamer en 'n selfsorgkombuis. Handdoeke, warmwatersakke tydens winter, tee, koffie, melk en tuisgebakte beskuit word voorsien.

Gaste kan gerus van ons geriewe soos die 2 swembaddens, draagbare braaigeriewe speletjieskamer, visvang, ongemerkte staproetes. Daar is baie troeteldiere op die perseel en 'n speelpark met 'n trampolen vir die kinders. Hout kan aangekoop word. Elke chalet het privaat braaigeriewe. Die boma met die vuurput en kaggel kan gehuur word.

Kinders is mal oor ons plaasleefstyl en is welkom om saam te kom as ons ons koei, Eliza, in die oggende melk, asook wanneer ons die ganse soggens en saans voer. Daar is ook skape, ’n vriendelike volstruis, Dolly, kuikens en eendjies op die perseel.

Gaste wat hou van stap kan op een van dié staproetes gaan wat 2 dae lank is van Groen Vlag Eingedi Voetslaanroete. Die Eland-roete stap mens 11 km op die eerste dag en die Sebra-roete wat op die tweede dag is, is 6 km lank.

Gaste kan op 'n selfry-4x4-wildrit gaan of 'n 2x4-wildrit op die vlaktes met jou eie voertuig. Vra gerus vir die heksleutel en aanwysings. Van Sondae tot Vrydae kan gaste op wildritte saam met ons gids op ons groot 4x4 Unimog bespreek en ontbyt ontvang. Doen navrae by die ontvangs rakend die tariewe.

Ons bied ’n heerlik buffet-ontbyt buite onder die pawiljoen. Geniet die gesonde, tuisgemaakte ontbyt in die pragtige tuin!

Ons groei die meeste van ons eie kos met nie-GMO-sade en geen plaagdoders. In oesseisoen is die opbrengs volop. Ons het meer as genoeg produkte wat gaste kan koop en geniet gedurende hul verblyf.

Gedurende wintermaande het ons oorgenoeg peuselhappies wat uit ons besige kombuis kom, soos konfyt, chutney en verskeie gepekelde groente. Ons het ook begin om kase, wors en patties te verkoop.

Kom en geniet die gesonde leefstyl en vrede wat ons hier bied.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 18 resensies vir Eingedi Retreat
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Hospitaalstraat R26, Eingedi Retreat, Ladybrand, 9745, Vrystaat
  • Gaste dink Eingedi Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R240
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Malotiroete Vrystaat
Vanaf R240
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R240
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 126 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hospitaalstraat R26, Eingedi Retreat, Ladybrand, 9745, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkUoZeTszfN3y156vE2jjkrODPsEbtDARPfZAh63VtiDKsvdXxi?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R240  per nag (vir 2 persone) 18 5 1 5 R26 Komissiepoort Eingedi Retreat 9745 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.330613025165 27.298064231872
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za