Ekuthuleni Guest House
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Moeketsistraat 2294, Dlamini-verlenging 5, Soweto, 1818, Gauteng
- Vanaf R625 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Ekuthuleni, wat "by 'n plek van vrede" beteken, bied gehalteverblyf is Soweto. Dit is die ideale plek om agteroor te sit na 'n besige dag in die woelige Johannesburg of na 'n aandjie uit in een van die nabygeleë gewilde plekke in Soweto.
Dié dubbelverdiepinghuis het 8 slaapkamers wat oor dubbel- en enkelbeddens beskik. Elke kamer is gemeubileer met lieflike bloekomhoutmeubels en het 'n TV met DStv. Elke standaard kamer het 'n stort en toilet en elke luukse kamer het 'n en suite-badkamer.
Jy hoef bloot jou voet by dié gastehuis se deur uit te sit om onmiddellik deur Soweto se vrolike omgewing en ryk geskiedenis omvou te word. Die Regina Mundi Katolieke Kerk is net 2 minute se stap. Die Hector Pieterson Museum en die beroemde Vilakzistraat waar voormalige President Nelson Mandela lank terug gewoon het, is net 15 minute se ry.
Die omgewing bied heelwat restaurante waar jy aan heerlike Afrika-disse kan kom weglê. Die Maponya Mall is net 11 minute se ry en bied 'n inkopie-ervaring eie aan Soweto. Openbare vervoer is net 'n entjie se stap en sal jou in staat stel om Soweto en sy omgewing met gemak te verken.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Bonga Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 6
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Moeketsistraat 2294, Dlamini-verlenging 5, Soweto, 1818, Gauteng
- Gaste dink Ekuthuleni Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wes-Rand Wieg van die Mensdom Gauteng
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Moeketsistraat 2294, Dlamini-verlenging 5, Soweto, 1818, Gauteng