Elandsvlei Estate Chalet
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marken-weg, Macouwpan Plaas 165 KR, Mookgophong, 0560, Limpopo
- Vanaf R2 450 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Elandsvlei Estate Chalet is 'n pragtige, afgeleë tweeslaapkamer-chalet met 'n uitsig oor die dam op 'n perseel vol vrylopende wild. Daar is 'n lapa langs die chalet wat 'n vuurput het, asook 'n piekniekdek met 'n asemrowende uitsig oor die waterleliedam.
Die hoofslaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak en die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Daar is 'n drieplaastoof, oondjie, 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei in die kombuis.
Die chalet is op 'n privaat wildplaas van 3000 hektaar tussen Mookgophong en Vaalwater geleë en daar is onder andere kamele, buffels, elande, koedoes, gemsbokke, sebras en wildebeeste op die perseel.
Gaste het toegang tot die hele chalet, lapa en piekniekarea. Vuurmaakhout word voorsien.
Die hele plaas is beskikbaar vir voetslaan, draf en bergfietsry. Daar is sowat 50 km se paaie en roetes van verskillende moeilikheidsgrade.
Elandsvlei Landgoed se damme is uitstekend vir visvang en gaste kan gerus probeer om een van die spesies, waaronder kurper en katvis, te laat byt.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
- Frans
- Spaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Nicolas Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 26
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Marken-weg, Macouwpan Plaas 165 KR, Mookgophong, 0560, Limpopo
- Gaste dink Elandsvlei Estate Chalet het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marken-weg, Macouwpan Plaas 165 KR, Mookgophong, 0560, Limpopo