Elements 303
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cyferfontein-weg, Elements Private Golf Reserve, Eenheid 52, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Elements 303 is 'n lieflike selfsorghuis in Bela-Bela, op 'n veilige gholflandgoed met uitsigte oor heuwels, oop vlaktes, op berge en oor strome. Dit is ideaal vir gholfspelers, gesinne of groepe vriende.
Dié verblyf bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers met lugversorging. Die eerste en tweede slaapkamer het koningingrootte-beddens, terwyl die derde en vierde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Elke badkamer het 'n bad en 'n stort. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis met 'n stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware, yskas-vrieskas, ysmasjien en 'n waterverkoeler. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien in die aparte opwaskamer. Gaste kan 'n ete by die etenstafel met sitplek vir 8 geniet of op een van die gemaklike rusbanke in die sitarea ontspan.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met sitplek en 'n ingeboude braai. Verder het gaste toegang tot 'n privaat swembad, vuurput en parkeerplek op die perseel. Gaste kan die landgoed se klubhuis, restaurant, kroeg en gemeenskaplike swembad geniet.
Die natuurlike wildspesies by Elements Private Golf Reserve, sluit koedoes, rooibokke, blouwildebeeste, sebras, blesbokke, rooihartbeeste, en bergrietbokke, bosbokke, asook kleiner inheemse spesies in.
Slaapplek
’n Bespreking by Elements 303 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Diana Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 4
Maande gelys 7
Ligging
- Cyferfontein-weg, Elements Private Golf Reserve, Eenheid 52, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Elements 303 het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cyferfontein-weg, Elements Private Golf Reserve, Eenheid 52, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom