Die Crags Akkommodasie by Elephant Country Guest House | LekkeSlaap
+34

Elephant Country Guest House

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Animal Alley, langs die N2,, The Crags, Plettenbergbaai, 6602, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 650 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Elephant Country Guest House bied B&B-verblyf óf slegs verblyf en is in The Crags in Plettenbergbaai geleë. Die gastehuis het die ideale ligging en is net 'n entjie se ry vanaf verskeie besienswaardighede in hierdie deel van die Tuinroete.

Verblyf is beskikbaar in 6 kamers wat individueel versier is. Die kamers het elkeen 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, perkallinne en, afhangend van die kamer, is daar 'n privaat en suite-badkamer met 'n ruim stort of 'n gedeelde badkamer. Elke kamer het 'n yskassie vol voorraad, 'n TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe. Gratis WiFi en badkamergeriewe word voorsien.

Veilige parkeerplek is beskikbaar en daar is ook ’n kuriowinkel op die perseel.

Elephant Country Guest House is net 'n paar minute se ry van Monkeyland en Birds of Eden, 20 minute van Keurboomstrand en 25 minute van Plettenbergbaai se middedorp af.

Plaaslike doendinge vir natuurliefhebbers sluit stappies in die woud, boomtoptoere, bergpaadjies wat geloop of met ’n fiets gery kan word, en 'n groot verskeidenheid doendinge by die see in. By The Crags kan 'n verskeidenheid wild gesien word.

Kenmerke

Veilige Parkering

Geriewe

  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV

Aktiwiteite op perseel

  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 2 resensies vir Elephant Country Guest House
Netheid
4.5/5
Diens
3.5/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Animal Alley, langs die N2,, The Crags, Plettenbergbaai, 6602, Wes-Kaap
  • Gaste dink Elephant Country Guest House het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Die Crags Wes-Kaap
Vanaf R1 650
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 650
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Animal Alley, langs die N2,, The Crags, Plettenbergbaai, 6602, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAATaQkHVqXOGiK7F72LcYaCzoVuuAuWpWnpztxHoLjhV630kum2y?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 650  per nag (vir 2 persone) 2 5 1 5 Animal Alley, Off the N2, The Crags 6602 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.960353 23.481971
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za