Elephant Walk Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Elephant Walk Retreat is net 'n klipgooi vanaf die Krokodilbrughek en bied 'n onverbeterlike uitsig oor die Krugerwildtuin en Krokodilrivier.

Dis 'n gewilde bestemming om allerlei wild soos die Groot 5 te sien. Die lodge doen gestand aan sy naam met sy indrukwekkende troppe olifante wat gereeld kom besoek.

Dis gerieflik, rustig, perfek geleë en bied 'n ongelooflike bosveld-ervaring aan gesinne en paartjies.

Ons maak voorsiening vir uiteenlopende behoeftes met verblyf wat wissel van basies tot luukse selfsorg. Daar is 9 eenhede, elk met 'n pragtige uitsig oor die rivier, en toegerus met 'n braai, yskas, mikrogolf en ketel. Die houthutte en groter chalets het volledige kombuisies, en die 2 kleiner, meer basiese eenhede het toegang tot 'n boskombuis.

Vind lafenis in die swembad, lees 'n boek onder die skadu in die lapa, ry na die Krugerwildtuin of geniet net die natuur en pragtige uitsig. Elephant Walk Retreat is ook 'n puik bestemming vir voël-entoesiaste.

Ons bied ook 'n rits buitelug-doendinge en uitstappies teen ekstra koste. Dit sluit wildritte in die Krugerwildtuin, staptoere, die Panoramaroete, Sudwalagrotte, daguitstappies na Swaziland en Mosambiek se strande, en visvang in.

Die naaste dorp, Komatipoort, is net 12 km van ons af en bied restaurante en winkels. Lughawevervoer kan teen ekstra koste gereël word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Elephant Walk Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za