Ellie's Self-Catering Unit

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie volledig toegeruste selfsorg-eenheid is in die historiese Waterval-Boven, wat veral bekend is vir kunsvlieghengel, geleë. Daar is verskeie doendinge in die omgewing, waaronder abseiling, rotsklim, bergfietsry, staproetes, perdry en verfbal. Daar kan ook toere na die antieke ruïnes, klipsirkels en Adamskalender gereël word.

Ons is ideaal geleë vir daguitstappies na die Krugerwildtuin, die goudmyndorpe Kaapsche Hoop en Pelgrimsrus. Op die Panorama-roete kan jy die Blyderivier Canyon, die Bourke's Luck-kolkgate, Sudwala-grotte en Graskop en Sabie besoek.

Die eenheid is net 'n paar minute vanaf die slaghuis, winkel en 'n drankwinkel.

Die huis het 3 slaapkamers, 'n sitkamer, kombuis en 'n badkamer met 'n toilet. Daar is 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens elk en 1 slaapkamer met 'n dubbelbed. Alle beddegoed en handdoeke word vir die gaste voorsien. Die kombuis is toegerus met kookgereedskap, 'n stoof, yskas, mikrogolfoond, broodrooster en ketel.

OR Tambo Lughawe is 243 km van ons af. Dit sal jou sowat 2 en 'n halfuur neem op die N2 en N4.

Daar is veilige parkeerplek en 'n toesluitmotorhuis. Ongelukkig kan ons nie troeteldiere akkommodeer nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag
  •  Telefoon
  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ellie's Self-Catering Unit gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za