Empire Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Empire Apartment is in die hartjie van Muizenberg, digby Surfer's Corner, geleë. Ons is direk oorkant Muizenberg se Blouvlagstrand. Hier kan jy 'n bietjie sonbaai en ontspan langs die bekende, helder Muizenberg hutjies.

Die woonstel het 1 ruim slaapkamer met 'n ekstra lang dubbelbed en 'n aparte badkamer met 'n inloop-stort. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond en 'n oond met 'n stoofplaat en uitsuigwaaier. Die sitarea het 'n TV, DVD-speler en DStv. Daar is ook 'n balkon wat uitsigte oor die berge bied.

Die Empire-kompleks het beheerde toegang en 'n aangewese ondergrondse parkeerplek. 'n Hysbak neem jou van jou veilige parkeerplek na die derde vloer van die gebou, waar die woonstel geleë is.

Die Empire-gebou is ideaal tussen verskeie restaurante soos Primi Piatti en Tiger's Milk geleë. Dis is ideaal vir gaste wat dit geniet om branderplank te ry en te swem, maar steeds 30 minutes se ry na al die doendinge in Kaapstad, soos Tafelberg en Houtbaai-hawe.

Slaapplek

'n Bespreking by Empire Apartment sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Sitkamer

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Empire Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za