Escape to a Coastal Oasis
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg-suid 5, 3 Umdloti Cabanas, Umdloti-strand, 4350, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Escape to a Coastal Oasis bied selfsorgverblyf in 'n veilige kompleks in Umdloti. Die woonstel bied pragtige see-uitsigte van die balkon af. Dit is die ideale basis vanwaar die omliggende besienswaardighede verken kan word.
Die woonstel is op die tweede verdieping en het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die onderste gedeelte van die woonstel is die oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea wat na 'n seefront-stoep lei. Die toegeruste kombuis het kookgeriewe, 'n wasmasjien, yskas en 'n kroegyskassie.
Die aangrensende sitarea het 'n platskerm-TV met Netflix en gaste kan met hulle eie DStv-besonderhede inteken. Ander stroomnetwerke kan met behulp van Google Chromecast op die TV gestroom word.
Die eerste badkamer en 2 slaapkamers is op die tweede verdieping. Beide slaapkamerrs lei na 'n stoep met see-uitsigte. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer is op die derde verdieping en het 'n bad en 'n stort.
Die uitgebreide balkon op die derde verdieping bied 'n uitsig oor die see en spog met die kuierarea en buitebraai-area. Daar is 'n lieflike leeskamer waar gaste kan ontspan en 'n oomblik se stilte in die son saam met see-uitigte kan geniet.
Gaste het toegang tot die kompleks se omheinde, gemeenskaplike swembad. Hierdie veilige en gewilde kompleks is oorkant Umdloti-strand.
Slaapplek
’n Bespreking by Escape to a Coastal Oasis sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.2/5
Alandra Geverifieer
Eiendomme 16
Resensies 12
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Strandweg-suid 5, 3 Umdloti Cabanas, Umdloti-strand, 4350, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Escape to a Coastal Oasis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umdloti Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg-suid 5, 3 Umdloti Cabanas, Umdloti-strand, 4350, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom