Opsomming van Resensie
Kobus B - Des 2020
Gemiddeld
Lekker geslaap.
Joel M - Okt 2020
Gemiddeld
The place was ok but the entertainment e.g tv channels not really up to standard and the fact that you have to call someone to open the gate for you that was not was a factor but overall it was ok.
Hardus F - Feb 2020
Gemiddeld
Die kamer is netjies en skoon, die stortkop moet egter vervang word, want net uit die helfte van kop kom water uit, verder het ek geen klagtes nie.
Eskulaap Hotel's terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer.
Ons gee dadelik aandag aan die stortkop.
Truida O - Nov 2018
Gemiddeld
Bevredigende diens en netjiese akkommodasie.
Eskulaap Hotel's terugvoer
Geagte Truida, baie dankie vir die terugvoer.
Ek vra om verskoning vir die onbemande ontvangs. Ons beskou dit as 'n ernstige oortreding en het die nodige stappe gedoen om 'n soortgelyke gebeurtenis in die toekoms te vermy.
Baie dankie vir jul ondersteuning en ons poog deurentyd om Eskulaap 'n beter plek te maak.
Vriendelike Groete
Eskulaap Bestuur
Jaco C - Jun 2018
Gemiddeld
Die ontbyt was goed en die kombuispersoneel vriendelik.
Eskulaap Hotel's terugvoer
Geagte Jaco
As jy dit gerapporteer het terwyl jy in hier was kon ons al jy klagtes dadelik oplos het. Nie te min, die R 200.00 is 'n deposito om te verseker dat jy die afstandbeheer terug gebring word. In die bedryf is dit ongelukkig so dat nie almal so eerlik is soos jy nie. Ander Hotel groepe reserveer 'n bedrag op jou kredietkaart en indien daar iets in die kamer breek of wegraak word jou kredietkaart eenvoudig gedebiteer. Dus is ek jammer jy hou nie van die sisteem nie.
Die lugversorging is getoets en dit is in 100% werkende toestand. Soos reeds genoem, sou ons jou kon help om die lugversorging aan te skakel as jy dit eenvoudig gerapporteer het met jou aankoms.
Ons is deur TGCSA gegradueer as 'n 3 ster hotel. Dit is volgens 3 ster graduering geen vereiste om vir jou shampoo te voorsien of om 'n haardroër in die kamers aan te hou nie. Ons het 'n kiosk op die perseel wat wel shampoo aan jou kan verskaf. In elke kamer is 'n inligtings brosjure, daar sou jy sien dat ons wel die haardroër gratis aan jou kon verskaf. Jy moes dood eenvoudig net die ontvangs te kontak. Daar is 'n telefoon in elke kamer met gratis kamer diens.
Parkering was nog nooit 'n probleem by Eskulaap Hotel nie. Ons beslaan meer as 'n hektaar en daar is 'n hele erf met onderdak parkering. Die probleem kom egter as jy verkies om jou voertuig by jou kamer te parkeer, wat ons duidelik aangedui het as geen parkeer areas, en die ander gaste volg jou voorbeeld, dan kan dit nogal chaos veroorsaak as van die gaste jou vas geparkeer het.
Ek vra verskoning dat jy 'n ouer handdoek gekry het. Ons vervang maandeliks handdoeke omdat hulle eenvoudig nie hou met die daaglikse gewas en tuimel droog nie. Indien jy ons met jou aankoms bewus gemaak het van jou ongelukkigheid kon ons vir jou 'n splinter nuwe handdoek gegee het.
Ek is dankbaar dat ons darem vriendelik is en vir jou 'n lekker ontbyt kon gee.
Daar is nie nog 'n plek in Polokwane met sy ruimte, tropiese tuine en fasiliteite waar jy beter waarde vir jou geld gaan kry nie.
Groete
Eienaar - Eskulaap Hotel
Marika V - Des 2017
Gemiddeld
Steurend en redelik ongemaklik met van jul gaste.
Lees meerEskulaap Hotel's terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer. Dit klink vir my of jy darem tevrede was met ons fasiliteit en ons diens.
Ek is baie jammer dat die gas oorkant jou 'n geraas gemaak het en jou gesteur het. Ons probeer ons bes om die geraas te beheer. Eskulaap is baie groot en is die personeel op kantoor nie altyd daarvan bewus nie. Ek kan jou verseker dat hulle daaraan aandag sal gee as hulle daarvan bewus is of bewus gemaak word. Ons het al verskeie kere moeilike, lastige en gaste wat raas uit die hotel gesit. Dit het egter altyd 'n nare nasmaak en hulle maak ook gewoonlik nog meer geraas.
Ek wil egter noem dat jou stelling dat ons "gaste is van die swakste keuse". Ek kan nie my gaste vooraf kies nie. Ek kan jou verseker dat ons het 'n baie groot kliënte basis en baie gaste wat weer en weer by ons oorbly en wat deel geword het van die familie. Ek kan jou ook verseker dat meeste ons gaste is van die room van die aarde.
Andre D - Des 2017
Gemiddeld
Gemaklik en aangenaam.
Eskulaap Hotel's terugvoer
Baie dankie vir die positiewe terugvoer, Andre.
Ons het 'n hele erf met skadu afdakke waar die gaste hulle voertuie kan parkeer. Ek besef die parkering is beknop voor die eenhede en ons ondervind ook dat gaste mekaar soms vas parkeer. In die verlede het ons parkering voor die eenhede verbied, maar die gaste verkies die gerief om hul voertuig by die eenheid te parkeer.
Deborah S - Des 2017
Gemiddeld
The unit was very neat and we felt welcome. Noise control late at night, of other guests, was the only problem we had.
Eskulaap Hotel's terugvoer
Thank you for your positive feedback. We are trying our utmost best to improve on the noise control. I am aware of this issue and especially some weekends but luckily it don't happen too often. Sometimes when people come back from a wedding or sports event late at night, they can be very spiteful when our staff ask them to respect the other guests. We have also asked troublemakers to leave our premises in the past, but it is never a good situation.
Amanda K - Jul 2015
Gemiddeld
Die bestemming is gerieflik geleë en maklik bereikbaar.
Eskulaap Hotel's terugvoer
Baie dankie Amanda vir jou 5 ster terugvoer. Kom geniet gerus 'n gratis ontbyt met jou volgende verblyf by ons.
Vince A - Aug 2014
Gemiddeld
Goed.
Eskulaap Hotel's terugvoer
Baie dankie.
- Kapasiteit: 110 persone
-
Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rissikstraat 54, Polokwane, 0699, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom