Esther's Country Lodge
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: BH24 op R560, Hekpoort, 1790, Gauteng
- Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Welkom by Esther's Country Lodge, 'n kontemporêre lodge in 'n die hartjie van die Magaliesberge. Moderne minimalisme is die eerste eienskap wat besoekers opval wanneer hul hier arriveer. Die lodge se hoë plafonne skep 'n gevoel van ruimte wat deur die ontblote baksteen en hout beklemtoon word. Dit is 'n gaste-lodge met 'n verskil ? Frank van den Ham se kleurvolle glaskuns is orals te bespeur.
Esther's Country Lodge het 8 dubbelkamers. Elke kamer is gerieflik gemeubileer en het 'n privaat en suite-stort, koffie- en teemaakgeriewe, 'n sitarea en 'n TV.
Nuttig 'n heerlike maaltyd wyl jy jou perfekte wegbreek in die platteland geniet. Die kaggel in ons elegante restaurant skep 'n behaaglike atmosfeer. Die disse op ons seisoenale spyskaart spreek van 'n vernuftige vermenging van Switserse en Oostenrykse geure. Net die beste groente uit ons eie groentetuin is goed genoeg vir ons kombuis.
Die pizza-oond is ideaal vir gaste wat al fresco-middag en -aandetes wil nuttig as dit warm is. Smul gerus aan die pizza-bederfies en Europees geïnspireerde disse wat hier voorgesit word.
Ons majestueuse tuine bied 'n toevlugsoord met sitplek onder skadubome en 'n uitsig op die berge. Sit gerus hier en ontspan saam met jou vriende of familie, of geniet 'n bietjie afsondering en 'n goeie boek. Daar is 'n speelarea met 'n klimraam vir die jongspan, so dis ideaal vir gesinne.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
- Frans
- Duits
- Italiaans
- Spaans
- Switsers
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Esther Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 28
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- BH24 op R560, Hekpoort, 1790, Gauteng
- Gaste dink Esther's Country Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wes-Rand Wieg van die Mensdom Gauteng
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: BH24 op R560, Hekpoort, 1790, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang