Winterton Akkommodasie by Eureka | LekkeSlaap
+41
+41

Eureka

Selfsorg
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Colensoe-weg, Newhouse Dam, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 5

Beskrywing

Eureka is in Winterton, KwaZulu-Natal en bied gehalteverblyf op 'n werkende plaas wat ideaal is vir ’n klein gesin of groep vriende. Dié instansie word aangedryf deur sonkrag en is omring deur water.

Die ongekunstelde huis het 2 slaapkamer en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en en suite-badkamer met ’n bad, toilet en wasbak. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het ’n stort, toilet en wasbak.

Daar is ’n stoof, oond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware in die kombuis.

Die sitarea het gemaklike banke en daar is lieflike braaigeriewe in die huis.

Daar is 'n swembad en tafeltennistafel, asook verskeie bordspeletjies vir gaste se vermaak.

Die huis het 2 dekke met ’n pragtige uitsig oor die Klein Tugela-river, die Newhouse-dam langsaan en die Drakensberge in die weste.

Gaste het toegang tot hele perseel wat ongeveer 10 hektaar is. Gaste kan die kampe, rivier en damme geniet. Daar is kanoes om op die dam te vaar en gaste kan ook visvang geniet. Die dekke bied ook die ideale plek om te ontspan.

Agter die huis is ’n vleiland-area met ’n klein dam wat pragtige waterlelies het. Dis ook die tuiste van die bekende
Grootlangtoon. Die Ethïopiese Snip en Maraboe Ooievaar is ook al hier gesien. Dis ’n wonderlike plek vir voëlkyk en die Swerfval kan vanaf November tot April gesien word.

Die plaas het 2 winkels insluitend Kwaphakamisa, ’n fabriekswinkel wat vleis, kaas en botter verkoop, asook Pig and Plough, ’n plaasstal met ’n stoep waar gaste pizzas, pulled pork, Engelse ontbyt en nog meer kan geniet.

Slaapplek

’n Bespreking by Eureka sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Japanees
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Colensoe-weg, Newhouse Dam, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Colensoe-weg, Newhouse Dam, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 5
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1s57FhHI8z9SSHT7dEQoWcRqLDLsNhFv0IFrHlYiiRNajIrYWd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (plek vir 4) Colensoe Road Newhouse Dam 3340 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.804661111111 29.543886111111
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za