Exhale Country Guest House
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Heidelbergstraat, Midvaal, 1961, Gauteng
- Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Exhale Country Guest House is 'n ruim huis wat gerieflike oornagverblyf tussen Heidelberg, Vereeniging en Henley on Klip bied. Dit is ideaal vir sakereisigers en groepbesprekings.
Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Hierdie 4 slaapkamers het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort, of 'n bad en 'n stort. Die beddens in die eerste 3 slaapkamers kan op versoek in 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens omskep word. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n koffiemasjien toegerus. 'n Wasmasjien en 'n tuimeldroër is in die opwaskamer beskikbaar. Die huis spog ook met 'n kroeg en eetarea waar gaste die ontbyt, wat ingesluit is, kan geniet of hulle kan in die gastesitkamer voor die TV ontspan. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die huis het ook 'n wynkelder waar gaste 'n wynproe kan geniet. Kaasborde en piekniekmandjies kan vooraf bestel word. Buite is daar 'n groot tuin met 'n sonnige stoep, braaigeriewe en 'n swembad. Braaipakkies en aandete is op versoek beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Estelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Heidelbergstraat, Midvaal, 1961, Gauteng
- Gaste dink Exhale Country Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Gauteng
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Heidelbergstraat, Midvaal, 1961, Gauteng