Experience 1880

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Experience 1880 is 'n bekoorlike neëntiende eeuse kliphuis wat verblyf bied op 'n plaas sowat 50 km van Underberg af. Die plaas word met 'n grondpad bereik waarvoor 'n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte nodig is.

Die plaashuis met sy unieke neëntiende eeuse interieur bied slaapplek vir 10 gaste in 5 slaapkamers met en suite-badkamers. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens of 1 enkelbed, en die badkamers het baddens. Die kombuis het 'n yskas, oond en stoof. Die sitkamer het 'n heerlike kaggel en gemaklike sitplek. Die huis het 'n stoep reg rondom met 'n sitarea en uitsigte oor die omliggende berge. Daar is ook 'n aparte dek met 'n braai-area. Alhoewel die huis geen elektrisiteit het nie is daar baie lampies en kerse asook 'n "donkie" vir warm water.

Die ontbreking van selfoonsein sal jou ook laat asem skep weg van die stadsgedruis.

Gaste kan hier voetslaan, perdry of pieknieks op die plaas geniet. Nabygeleë besienswaardighede sluit die Coleford Natuurreservaat, Ntsikeni Wildreservaat en Pennygum Rafting and Tubing in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Kaggel

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Experience 1880 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false