8 gaste
4 slaapkamers
5 beds
2 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 346 Janson Street, Dullstroom, 1618, Mpumalanga Sien kaart
Beskrywing
Fairstreams 3 is 'n lieflike selfsorghuis in 'n veilige kompleks in die hartjie van Dullstroom. Dit is ideaal vir 'n wegbreek, aangesien die verblyf stapafstand vanaf die Dullstroomdam is.
Dié huis bied gerieflike slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste 3 slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die 2 badkamers het 'n bad en 'n stort, onderskeidelik. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die kombuis lei na 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n piekniektafel wat 'n wonderlike plek is vir 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Liezl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 346 Janson Street, Dullstroom, 1618, Mpumalanga
- Gaste dink Fairstreams 3 het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
346 Janson Street, Dullstroom, 1618, Mpumalanga
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang