Dullstroom Akkommodasie by Fairstreams No. 2 | LekkeSlaap
+19

Fairstreams No. 2

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jansonstraat, Fairstream Eenheid 2, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 250 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

Fairstreams No. 2 is 'n losstaande dubbelverdiepinghuis in die veilige Fairstreams-kompleks in Dullstroom. Die kompleks is stapafstand vanaf 2 mensgemaakte munisipale kunsvlieghengeldamme en die Suikerboschkop Natuurreservaat.

Dié huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n dubbelbed. Die tweede en derde slaapkamers is altwee solderkamers. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Daar is 'n Victoriaanse bad in die onderste badkamer en die boonste badkamer het 'n stort. Die vierde kamer is in 'n TV-kamer omskep met 'n TV en 'n Openview HD-dekodeerder met sekere fliekkanale. Verwarmers en elektriese komberse is beskikbaar vir koue aande.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, mikrogolfoond, wasmasjien en 'n yskas.

Die leefarea het 'n kaggel, beskutte patio met 'n buite-eetkamerstel en 'n draagbare braai.

Daar is ook onderdakparkeerplek en 1 addisionele parkeerplek beskikbaar vir elke eenheid in die kompleks, agter 'n afstandbeheerde hek.

Slaapplek

’n Bespreking by Fairstreams No. 2 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 6 resensies vir Fairstreams No. 2
Netheid
4.7/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Jansonstraat, Fairstream Eenheid 2, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Fairstreams No. 2 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 250
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R2 250
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jansonstraat, Fairstream Eenheid 2, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeRxy8d68yQsAoaLCLcJAZc4ew9LssqOoJtQq6CA3Qgoq8dx9OB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 250  per nag (vir 6 persone) 6 5 1 5 Janson Street Fairstream Unit 2 1110 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.412400164207 30.107247829368
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za