Fairview
8 gaste
4 slaapkamers
6 beds
3 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 54 Westcliffe Road, Hermanus, 7200, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Fairview is 'n pragtige selfsorghuis op 'n groot erf met 'n panoramiese uitsig oor Walkerbaai in Hermanus. Die strandhuis spog met klassieke argitektuur, 'n houtvloer, hoë plafon en kunswerke wat die huis se karakter vasvang. Die hoogtepunt is die uitsig vanaf die voorstoep waar gaste kan walviskyk.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n emaljebad. Die tweede en derde slaapkamer front onderskeidelik na die see en die binnehof en het elk 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die gaste in dié slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n stort het. Die vierde slaapkamer aan die agterkant van die huis het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien.
Die huis beskik oor 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, 'n dompelkoffiepot en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, skoonmaakmiddels, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in 'n aparte opwaskamer. Die kombuis lei na 'n ruim eetarea en 'n sitarea langsaan met 'n gemaklike rusbank, 'n slim-TV en 'n kaggel. Die huis is ook met gratis WiFi en 'n klein rugsteunkragstelsel vir die TV toegerus.
Buite is daar 'n groot, goed versorgde tuin, 'n sitarea en braaigeriewe. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar en die erf is met 'n alarmstelsel beveilig.
Die huis bied toegang tot die kranspaadjie, verskeie restaurante, kunsgalerye en koffiewinkels. Dit is ook naby plaaslike strande en wynkelders in die Hemel- en Aarde-vallei geleë.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Corné Geverifieer
Eiendomme 53
Resensies 47
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 54 Westcliffe Road, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
54 Westcliffe Road, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang