Felicitas Gasteplaas
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Felicitas-plaas, Reddersburg, 9904, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Felicitas Gasteplaas is op die N6 roete na Oos-Londen, 50 km vanaf Bloemfontein, geleë. Die verblyf is in 'n historiese ou plaasopstal wat in 1918 gebou is en dit bied slaapplek aan 10 gaste.
Die selfsorghuis beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, leef- en eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens en loop uit op die stoep met 'n uitsig oor die tuin. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het ook 'n dubbelbed en 'n kinderbed. Die res van die huis deel die tweede badkamer wat 'n bad, stort, wasbak en toilet het. Alle linne en handdoeke word verskaf.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 2 eetareas en 'n sitarea met gemaklike sitplekke en 'n TV met die volle DStv-pakket en Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar. Die kaggel is perfek vir koue wintersaande.
Die huis met sy ou stoep bied 'n ontspanne atmosfeer waar jy rustig jou oggend se koppie koffie kan geniet. Daar is ook 'n lapa met 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, sitplek, gemaklike rusbanke en 'n pooltafel toegerus is.
Ontsnap die stadsgewoel en geniet die heerlike prag en stilte van die mooie Suid-Vrystaat. Hier kan gaste gaan stap, die sonsopkoms of sonsondergang bewonder, hul fiets en motorfiets bring en die fietsry- en motorfietsrybaan geniet, piekniek hou in die berg of net kuier om 'n vuur by die swembad en onder die sterre.
Slaapplek
’n Bespreking by Felicitas Gasteplaas sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Gedeelde dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Amanda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Felicitas-plaas, Reddersburg, 9904, Vrystaat
- Gaste dink Felicitas Gasteplaas het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Vrystaat
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Felicitas-plaas, Reddersburg, 9904, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom