Fleurpark 71

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fleurpark 71 is geleë in die Fleurpark Vakansie-oord in Gordonsbaai. Die huis is geriflike gemeubeleerd vir 'n gesin of groep vriende.

Die huis het 3 kamers, en bied slaapplek vir 6 persone. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed asook en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens terwyl die derde kamer ook 'n dubbelbed het. Die tweede en derde kamer deel 'n aparte badkamer met 'n stort. Let asb. dat gaste hul eie handdoeke moet bring.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg, en beskik oor 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en oond, en gaste kan hul maaltye in die eetkamer geniet. In die sitkamer is daar 'n TV met DVD-speler. DStv is beskikbaar, maar gaste moet asb. hul eie dekodeerder asook slimkaart saambring.

Die huis het ook 'n binne-braai en eetarea, asook 'n slaapbank vir 2 persone. Daar is ook onderdakparkeerplek en addisionele parkeerplek vir nog 'n motor.

Fleurpark 71 is slegs 150 m vanaf die strand, en 300 m vanaf Harbour Island en die marina waar talle eetplekke is. Gaste kan ook na die Strand toe gaan wat net 'n kort entjie weg is en daar is die Strand Plaasmark, Strand Waterworld, en vele meer doendinge. Verskeie ander besienswaardighede en wynplase is ook in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Fleurpark 71 sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fleurpark 71 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false