Pretoria Akkommodasie by Fralande Guesthouse | LekkeSlaap
+25

Fralande Guesthouse

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Geldig vanaf 29 Jan 2020 tot 30 Nov 2020.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moulton-laan 1375, Waverley, Pretoria, 0186, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 R595 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

'n Hartlike verwelkoming wag op jou by Fralande Guesthouse in Waverley wat uitkyk oor die pragtige tuin waar jy rus en vrede sal vind. Ons bied aan ons gaste net die beste en wanneer jy by ons bly sal jy so tuis voel soos by jou eie huis. Die klem is op ontspanning en goeie diens in 'n gerieflike atmosfeer.

Albei eenhede by hierdie instansie word deur trappe bereik en is smaakvol versier met 'n koninggrootte-bed in atlwee hoofslaapkamers en enkelbeddens in die ander kamers. Daar is 2 ouwêreldse sitkamerstoele in elke kamer waar jy gerieflik TV kan kyk, of net sit en lees. Hierdie eenhede is ook toegerus met lugversorging teen 'n addisionele koste om die Hoëveldse hitte uit te hou. Elke eenheid het 'n TV met sekere DStv-kanale. Alle linne en handdoeke word voorsien. Die kombuis is volledig toegerus met 'n oond, mikrogolfoond en groot yskas-vrieskas. 'n Kombuisblad en stoele dra by tot die snoesigheid van die eenhede. Alle kombuisware word voorsien. Daar is ook koffie- en teemaakgeriewe. Basiese ontbyt kan voorsien word teen 'n ekstra koste.

Eenheid 1 het 'n klein, private veranda wat oor die tuin kyk. Eenheid 2 het 2 verskillende verandas waarop jy kan ontspan. Die eiendom is in 'n pragtige natuurlike tuin geleë met kalmerende sierfonteintjies. 'n Ontspanne atmosfeer word verseker met die panoramiese uitsig van die tuin.

Besoekers is welkom om van ons tuin gebruik te maak vir ontspanning, rustigheid en vrede voorsien. Gaste het hul eie, privaat ingang na die eenhede om privaatheid te verseker. Vir gemoedsrus word veiligheid verseker deur afstandbeheerde toegang. Ons bied ook veilige parkeerplek op die perseel in die skaduwee. Dit is 'n troeteldiervriendelike onderneming en troeteldiere word toegelaat mits dit vooraf gereël is.

Daar is heelwat geriewe naby, dit sluit die volgende in: oefengeriewe, 'n gholf-oefenbof, restaurante, winkels, apteke, ysskaatsbaan, rolprentteaters, wasgoedgeriewe, mediese fasiliteite asook 'n aantal inkopiesentrums binne 3 tot 5 km se ry van ons af.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 19 resensies vir Fralande Guesthouse
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Moulton-laan 1375, Waverley, Pretoria, 0186, Gauteng
  • Gaste dink Fralande Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Pretoria Gauteng
was R700
Vanaf R595
per nag (vir 2 persone)
was R700
Vanaf R595
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moulton-laan 1375, Waverley, Pretoria, 0186, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANYDqj5NgiKT90F8cw15H5HvhWmbGsbX1AIUfmvNujCOcTOyEzl?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R700, nou Vanaf R595  per nag (vir 2 persone) 19 5 1 5 1375 Moulton Avenue Waverley 0186 Gauteng 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.699081720131 28.261363506317
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za