Gansogie
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 9 persone
8 volwassenes, 1 baba - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 9 Stasie Way, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Gansogie is 'n bekoorlike privaat selfsorghuis in Calvinia. Die huis is oorkant die Laerskool geleë en binne loopafstand van winkels en verskeie sakeondernemings in die omgewing en is ideaal vir gesinne of groepe vriende wat op soek is na 'n gemaklike verblyf met maklike toegang tot plaaslike geriewe.
Hierdie huis het slaapplek vir 8 volwassenes en 1 baba en bestaan uit 3 slaapkamers en 1.5 badkamers. Die hoofslaapkamer is gemeubileer met 'n dubbelbed en 'n enkelbed, terwyl die tweede slaapkamer 3 enkelbeddens en 'n bababedjie het. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer is ruim en het ñ stort en ñ bad. Daar is ook 'n aparte toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas, vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, lugbraaier, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eetarea het 'n lieflike eetkamertafel met stoele waar gaste hul maaltye kan geniet, en strek verder na die sitkamer wat gemeubileer is met gemaklike rusbanke. Hierdie eiendom beskik oor 'n onderdak-patio en 'n ingeboude braai. Die eiendom is beveilig met diefwering en 'n alarmstelsel en gaste kry twee onderdak-parkeerplekke op die perseel. Die eiendom bied ook twee parkeerplekke, beskut onder 'n skaduboom.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
3 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbedjie
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Mandie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 9 Stasie Way, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
- Gaste dink Gansogie het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 9 persone
8 volwassenes, 1 baba - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 9 Stasie Way, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang