Garden Place Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Garden Place Guest House is sentraal geleë in die gevestigde voorstad Orchards in Johannesburg. Hierdie rustige toevlugsoord bied gerieflike verblyf in standaardkamers, luukse ateljeewoonstelkamers en kothuise. Die byderwetse voorstad Norwood met sy gewilde restaurante en spesialiteitswinkels is net om die draai van die gastehuis.

Die bekoorlike standaardkamers is in die bestaande ou huise op die erf geleë. Elke standaardkamer beskik oor 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed, asook 'n privaat badkamer en 'n yskas. Die ateljeewoonstelkamers is smaakvol ingerigte selfsorgwoonstelle met kombuisies wat oor die tuine uitkyk. Elke kothuis bestaan uit 'n sitkamer, 'n eetkamer, 'n slaapkamer, 'n volledige badkamer en 'n toegeruste kombuis. Al die standaarkamers, ateljeewoonstelkamers en kothuise beskik oor TV's, telefone, digitale kluise, lugversorging, verwarming en word daagliks skoongemaak.

Die gastehuis bied 24 uur-sekuriteit wat sekuriteitswagte en elektroniese afstandbeheer-hekke insluit. Gaste het toegang tot 2 swembaddens, braaigeriewe, idilliese tuine en 'n eetkamer wat sitplek vir tot 40 gaste bied en oor die pragtige tuin en swembad uitkyk. Daar is 'n besigheidssentrum met 'n internetkafee, 'n rekenaar, 'n drukker, 'n faksmasjien en 'n fotostaatmasjien. Gaste het ook toegang tot WiFi. Die konferensiekamers bied sitplek vir 15 tot 64 mense en is ideaal vir multi-funksies. Daar is parkeerplek onder motorafdakke teen geen ekstra koste beskikbaar. Droogskoonmaak- en wasgoeddienste kan ook gereël word.

Daar is bussies beskikbaar wat na die O.R. Tambo Internasionale Lughawe, Rosebank, Eastgate, Sandton en Ellis Park gaan. Die gastehuis is ongeveer 15 minute van Rosebank, Eastgate en Sandton af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Garden Place Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 055 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za