Gayle's Place
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R712, Clarens Gholflandgoed 208, Clarens, 0095, Vrystaat
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Gayle's Place is in The Clarens Golf and Trout Estate aan die voet van die Horebberge op die Maluti-roete geleë. Die villa word omring deur skilderagtige uitsigte en daar is hope vermaak vir oud en jonk, veral gholf-entoesiaste.
Die villa met lugversorging beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan tot 4 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van 'n tweede badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.
Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n knus kaggel en 'n TV met DStv. Daar is 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Gaste het ook toegang tot komplimentêre WiFi tydens hul verblyf.
Daar is lieflike braaigeriewe op die patio en gaste word veilige parkeerplek op die perseel bekostig. Hierdie eiendom het ook 'n omskakelaar wat ongeveer 4 uur se elektrisiteit sal verskaf tydens kragonderbrekings. Dit is voldoende vir ligte en die TV.
Doendinge sluit staproetes, bergfietsryroetes, 'n 18 putjie-gholfbaan en 'n spa in die dorpie in. Die Golden Gate Nasionale Park is natuurlik ook 'n gunsteling moet-sien en is sowat 20 km van die landgoed af. Die algemene handelaar bied 'n verskeidenheid van benodigdhede en is letterlik om die draai. Vir die fynproewers is daar restaurante, padstalletjies en kaasplase om van te kies, en kunsliefhebbers sal mal wees oor die ikoniese galerye wat Clarens bied.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Eveleen Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 57
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- R712, Clarens Gholflandgoed 208, Clarens, 0095, Vrystaat
- Gaste dink Gayle's Place het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R712, Clarens Gholflandgoed 208, Clarens, 0095, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang