Gecko Rock Private Nature Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Weeksdagaanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 3 Jul 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Gecko Rock Private Nature Reserve is in die Nougaspoortvallei net 25 km van Touwsrivier af en bied besoekers 'n eko-avontuurbestemming. Ons doelwit by Gecko Rock is om ons besoekers 'n ongeëwenaarde ervaring te bied in Suid-Afrika se Karoo, een van die mees unieke natuurlike omgewings op aarde.

Gerieflike akkommodasie-opsies wissel van kampeer tot volledig toegeruste, moderne, ekovriendelike hutte. Gaste kan ononderbroke uitsigte, 'n skitterende sterrehemel, dae lange staptogte, bergfietsroetes, rotsklim, fotografie en 4x4-roetes geniet, of eenvoudig in die skaduwee sit met 'n goeie boek of 'n lekker drankie.

Die verskeidenheid aktiwiteite wat hier aangebied word, met die fokus op natuurbewaring, hou beslis iets vir elke gas in. Die lys opsies sluit kampeer, stap, 4x4 en 4x2-roetes en bestuuropleiding, rotsklim en bergklim, persoonlike spanbousessies en konferensiegeriewe, blom- en vetplanttoere, voëlkyk en sterrekyk in. Of jy kan eenvoudig ontspan in hierdie rustige toevlugsoord weg van tegnologie en die stadslewe.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gecko Rock Private Nature Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R280 R280 per nag (vir 2 mense)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 3 Jul 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za