Geckos Place
Beskrywing
Geckos Place bied 'n hele rits akkommodasie-opsies. Gaste kan kies tussen 'n gesinskothuis vir 6 mense, 2 karavane en 5 bykomende kampplekke wat almal omring word deur pragtige woude - boonop is dit stapafstand van die strand af!
Die gesinskothuis het 3 slaapkamers, elk met 2 enkelbeddens, 'n groot badkamer met 'n stort en aparte toilet, 'n oopplan-kombuis en 'n privaat dek. Die eenheid het 'n TV met plaaslike kanale of DStv met sy eie dekodeerder en slimkaart. Daar is 2 karavane beskikbaar en 5 kampeerplekke vir diegene wat graag hul eie tente wil saambring. Albei die karavane en die kampeerterrein het kragpunte en toegang tot 'n gerieflike ablusieblok.
Gecko's Place bied 'n veilige hawe vanwaar jy Pondoland en die Wildekus kan verken. Gaan besoek Poenskop ? 'n wonderlike strand en hengelplek ? wat naby aan ons geleë is. Mboktyi en die Grosvenor-skeepswrak is ook besienswaardighede in die omgewing. Nader aan die huis kan jy gaan wandel op die 8 km lange strand op ons voorstoep of net 'n skemerkelkie in die tuin geniet. Dis 'n wonderlike, vreedsame plekkie waar jy net kan ontspan en jou batterye kan herlaai. 'n Minimum-verblyftydperk van 2 aande is van toepassing.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Geckos Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |