Glen Avon Lodge Boutique Hotel
- Kapasiteit: 32 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Strawberry-laan 1, Constantia, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
- Vanaf R3 530 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Glen Avon Lodge is in die rustige Constantia-vallei geleë, omring deur die voorheuwels van die majestueuse Constantiaberge en bied rus en vrede vir die oordeelkundige reisiger. Elegante, privaat en luukse kamers is gemeubileer in 'n kontemporêre Kaapse styl en het moderne en suite-badkamers en 'n privaat stoep wat op die asemrowende tuine met hul golwende grasperke en rose uitkyk.
Elke kamer het verder ook lugversorging, internet-toegang, 'n kroegie, 'n elektroniese kluis asook al die bederfgeriewe wat jy met 'n 5-ster-verblyf vereenselwig. Die Superieure suites bevat ook 'n klein kombuisie en mikrogolfoond.
Ontspan terwyl jy die son indrink langs die 11 m-lange, verhitte soutwater swembad. 'n Heilsame volledige Engelse ontbyt- of Kontinentale ontbyt-buffet word daagliks onder die groot sambrele op die veranda of in die eetkamer bedien. Saans word intieme, kerslig-etes deur ons twee inwonende sjefs voorberei. Die heerlike etes weerkaats pure weelderigheid en word met plaaslike wyne wat jou palet sal bevredig, bedien. Daar is ook 'n besigheidsentrum wat ekstra gemak aan die gesoute reisiger bied.
Die lodge is sowat 15 minute se ry vanaf Kaapstad en die V&A Waterfront. Dis naby die Kirstenbosch Botaniese Tuine, vier eksklusiewe gholfbane, historiese wynplase waar jy wyn kan proe, elegante winkelsentrums en fynproewersrestaurante in die vallei. Die ongerepte strande van die Indiese en Atlantiese oseane asook die skilderagtige roetes om die Kaapse Skiereiland tot by Kaappunt is ook binne maklike bereik
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Nagportier
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Tee
- Alle Etes Ingesluit
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Wendy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Strawberry-laan 1, Constantia, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
- Gaste dink Glen Avon Lodge Boutique Hotel het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Constantia Suidelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 32 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Strawberry-laan 1, Constantia, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang