Glenelg Road Guest House
Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 1 Jul 2024 tot 31 Aug 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Glenelgstraat 53, Fernglen, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
-
Vanaf
R750R675 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Glenelg Road Guest House is in Fernglen, Gqeberha geleë. Verblyf word in 2 selfsorg-eenhede aangebied, wat ideaal is vir sakereisigers en vakansiegangers.
Die Deluxe-gesinsuite het 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 'n aparte badkamer met 'n stort. Die oopplan-leefarea het 'n dubbelbed, eetarea, sitarea met 'n TV en 'n toegeruste kombuis. Daar is nog 2 enkelbeddens in die ooopplan-slaaparea wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word.
Die Studio is modern en ruim. Die eenheid het 'n dubbelbed en 'n Futon wat geskik sal wees vir 'n ekstra kind/tiener of jong volwassene om op te slaap.
Die veilige en gerieflike ligging is 5 tot 10 minute se ry vanaf 'n rits belangrike besienswaardighede en geriewe. Gqeberha bied wonderlike strande wat ideaal is vir watersport en swem. Die pragtige en historiese stad is 'n uitstekende plek om te verken, insluitend besienswaardighede soos die Addo-olifantpark en ander wildtuine, argitektuur, kuns en museums.
Die gastehuis is naby trou- en ander venues, is net 'n paar minute vanaf die Newton Park-sakedistrik en die Walmer Park Shopping Centre. Walmer is bekend vir sy koffie en hier is 'n rits koffiewinkels om te verken. Die Baywest Shopping Centre is net om die draai.
Gratis WiFi (200/200Mbps onbeperkte optiesevesel-internet) word voorsien en daar is Netflix in die eenhede.
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Lizette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Glenelgstraat 53, Fernglen, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
- Gaste dink Glenelg Road Guest House het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Gqeberha (Port Elizabeth) Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Glenelgstraat 53, Fernglen, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap