Global Village Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Global Village Guest House is in Nelspruit, naby inkopiesentrums, banke en hospitale geleë. Dit bied 'n ontspanne, voorstedelike bestemming, rondom 'n sprankelende swembad en strelende fontein. Interessante aantreklikhede in die area is Sudwalagrotte, Krugerwildtuin, God's Window, die drie rondawels en vele ander besienswaardighede.

Ons bied 4 pragtig gemeubileerde, selfsorg-eenhede, ruim en toegerus met lugversorging. Elke gastekamer het 'n hoë definisie platskerm-TV met DStv, WiFi-internet, tee/koffie- en strykgeriewe. Pragtige vleuelrugstoele bied die gerief om informele sakevergaderings in die privaatheid van jou kamer te hou. Ontbyte word voorberei deur 'n professionele sjef.

Global Village bied ook 'n konferensiesentrum en kan tot 25 afgevaardigdes huisves. Dit bied 'n projektor met skerm, "flip chart"-papier en skryfbehoeftes.

Ons gaste se privaatheid en veiligheid is van uiterse belang en gevolglik het ons die beste sekuriteitstelsel, kringtelevisie, kaartstelsel, elektriese omheining en 'n sekuriteitswag daagliks van 18:00 tot 06:00.

Global Village poog om gaste spesiaal te laat voel en ons gaan uit ons pad om aan al jou versoeke te voldoen.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Portugees
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Global Village Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za