Go 2 Chalets

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Go 2 Chalets is langs die N11 in Loskopdam en bied selfsorgverblyf en 'n stylvolle restaurant en kroeg met 'n gesellige bosveld-atmosfeer.

Die verblyf bestaan uit selfsorg-eenhede met slaapplek vir 2 of 4 gaste. Elke eenheid het 'n slaapkamer, badkamer en 'n oopplan-kombuisie en -sitarea. Die kombuisie het 'n yskas, stoof, eetgerei, breekware, en kooktoebehore. DStv is ook beskikbaar en elke eenheid het 'n braai-area buite.

Ekstra gaste word teen 'n addisionele tarief per nag toegelaat.

Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf via e-pos of telefoon gereël word.

Die restaurant bied 'n à la carte-spyskaart met heerlike maaltye wat definitief sal sorg dat jy terugkeer na hierdie spesiale plek, en daar is ook 'n kroeg. Gaste kan afkoel in die swembad.

Asof dit nie genoeg rede is om 'n draai by hierdie unieke plek te maak nie, is daar ook 'n geskenkwinkel met alles van brode tot tuisgemaakte kunsvlytprodukte. By dié winkel kan jy ook 'n paar gebakte items soos koekies, koeke en koeksusters vind en dit kos niks om jou eie tuisgebak hier te verkoop!

Bespreek ook gerus daaglikse bootvaarte op die Loskopdam en wildritte in die area wat deur gekwalifiseerde drywers op wildkykvoertuie aangebied word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Go 2 Chalets gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za