Go Country - Shona's Place
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kruisfontein-weg, Plaas 12 B, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Vanaf R2 200 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Go Country is 'n plaas wat 12 km vanaf Dullstroom en slegs 4,5 km vanaf die bekende Highland Gate Gholfbaan geleë is. Dié gholfbaan is 'n indrukwekkende 18 putjie-kampioenskapgholfbaan wat deur Ernie Els ontwerp is.
Shona's Place is 1,2 km vanaf die ingang op 'n grondpad geleë. Dit is 'n oulike kothuis op die heuwel langs 'n woud met 'n asemrowende uitsig oor die plaas se damme en grasvelde. Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis lei na 'n etenstafel met stoele en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n kaggel.
Die leefarea lei na 'n toegeboude stoep met buitemeubels en 'n ingeboude braai.
Aktiwiteite op die plaas sluit visvang in die 3 baarsdamme, stap- en bergfietsroetes deur die woud en grasvelde en 'n uitdagende voetslaanroete teen die berg op in. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Witborde
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Ligging
- Kruisfontein-weg, Plaas 12 B, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Highlands Meander Mpumalanga
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kruisfontein-weg, Plaas 12 B, Dullstroom, 1110, Mpumalanga