Good Riddin's Beach Cottage
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 3 Jun 2024 tot 14 Jun 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kariegaweg 9, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 100R990 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Good Riddin's Beach Cottage is 'n lieflike selfsorgkothuis vir 'n gesinswegbreek. Dit is ideaal vir diegene wat net wil ontspan en hul batterye wil herlaai in die "kaalvoethoofstad", Kenton-on-Sea. Die buurt is oor die algemeen baie rustig en die pragtige bome wat die perseel omring lok baie voëls insluitend die Rooibekneushoringvoël en die Knysna Loerie.
Kenton-on-Sea is tussen 2 riviere geleë, die Kariegarivier en die Boesmanrivier, en albei vloei na die Indiese Oseaan. Kenton-on-Sea is net 120 km van Port Elizabeth af, 150 km van Oos-Londen af, en 60 km vanaf Makhanda (Grahamstad).
Die kothuis is ongeveer 300 m van die strandmeer en ongerepte strande af waar gaste aan talle aktiwiteite kan deelneem. Dit is ook na aan 'n winkelsentrum, dokter, tandarts en restaurante.
Die kothuis is agter die hoofhuis, maar het sy eie privaat ingang. Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Stortjel, handseep en skoonmaakmiddels word voorsien. Daar is 'n bababedjie en bababad vir kleuters.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n tweeplaatstofie en oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel en broodrooster. Die leefarea het sitplek en 'n TV met internet sodat gaste toegang tot verskeie sosiale media toepassings en Premium DStv kan geniet. Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n braai-area met 'n buitelug-eetstel. Een sak hout, vuuraanstekers en 'n aansteker word voorsien. Daar is parkeerplek vir 1 motor agter 'n afstandbeheerde hek. 'n Paar speletjies word voorsien en lyfplanke is beskikbaar indien enigeen in die branders wil gaan baljaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Cherryll Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Kariegaweg 9, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
- Gaste dink Good Riddin's Beach Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kenton-on-Sea Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kariegaweg 9, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom