Goudhoek Farm Stays

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Goudhoek is 'n plaas wat oor die groen heuwels van Wakkerstroom uitkyk. Die plaas is pragtig tussen die berge geleë. Ons bied 'n gemaklike kamer met 'n en suite-badkamer. Goudhoek is slegs 10 km buite Wakkestroom.

Gaste kan voetslaan, fietsry, en die plaas se daaglikse werking eerstehands dophou. Rus en vrede is ons leuse. Fonteinwater proe die lekkerste, so jy hoef nie gebottelde water saam te bring nie.

Die dorp Wakkerstroom was eens 'n stil en afgeleë dorpie in 'n vredevolle vallei met pragtige, panoramiese uitsigte. Nou stroom al hoe meer besoekers na dié dorp om weg te breek uit die stad en al die bederfies van die dorp te kom ervaar.

Die stoepkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuisie het 'n tweeplaatstoof, 'n mikrogolfoond, ketel, yskas-vrieskas, broodrooster, tee en koffie, suiker en melk - basies al die nodige kombuistoerusting. Handdoeke en toiletpapier word ook voorsien.

Die gastekamer het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort met handdoeke en toiletpapier, en 'n aparte kombuis wat toegerus is met al die nodige behalwe 'n oond.

Daar is talle restaurante, kroeë, winkels en salonne op die dorp, verder is hier ook museums en historiese geboue vir die kultuurvrate. Voëlkykers sal ook na hartelus hier na al die spesies kan kom kyk.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Goudhoek Farm Stays gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]