Graceland
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lobelia 766, Leeupoort Vakansiedorp, Thabazimbi, 0136, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 700 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Graceland is 'n bekoorlike selfsorghuis in die hartjie van die bosveld in 'n natuurreservaat. Dit skep 'n rustige atmosfeer vir gaste wat van die stad se gewoel wil ontsnap.
Hierdie eiendom bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers, 'n oopplan-kombuis, eetarea en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en lugversorging. Die tweede, derde en vierde slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die vyfde slaapkamer is 'n solderkamer met 2 enkelbeddens. Die twee badkamers het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet en een badkamer het slegs stort wasbak en toilet. Slegs linne word voorsien, gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die eetarea het 'n tafel met stoele waar gaste maaltye kan geniet. Langs die eetarea is daar 'n leefarea met lugversorging, gemaklike sitplek en 'n TV met DStv.
Buite op die stoep is 'n etenstafel waar gaste kan kuier en die lowerryke omgewing kan geniet.
Die braai-area is 'n lekker kuierarea met 'n boma en plonspoel. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
By Graceland het gaste die geleentheid om wild te sien. Dit is 'n gesellige huis en omgewing waar gaste weer in voeling met die natuur kan kom en lekker ontspan.
Slaapplek
’n Bespreking by Graceland sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Deirdre Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 12 maande
Ligging
- Lobelia 766, Leeupoort Vakansiedorp, Thabazimbi, 0136, Limpopo
- Gaste dink Graceland het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Leeupoort Vakansiedorp Waterberg Limpopo
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lobelia 766, Leeupoort Vakansiedorp, Thabazimbi, 0136, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom