Gracie's Cottage
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 21 Okt 2024 tot 29 Nov 2024.
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hillstraat 19, Clarens, 9707, Vrystaat
-
Vanaf
R1 395R930 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Gracie's Cottage is 'n smaakvol versierde selfsorg-eenheid met warm aanrakinge in die rustige Clarens in die Oos-Vrystaat. Die dorp skuil aan die voet van berg Horeb en is minder as 'n halfuur se ry vanaf die Golden Gate Nasionale Park.
Dié kothuis het slaapplek vir 2 gaste op 'n slag en beskik oor 'n slaapkamer wat met 'n koningingrootte-bed en 'n spieëltafel ingerig is. 'n Bad, stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 2 en 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea en die slaapkamer lei albei na 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel en braaigeriewe wat 'n ideale plek is vir 'n skemerkelkie terwyl dit oor die tuin uitkyk. Die ligging van hierdie kothuis is naby talle winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Elektriese kombers
- Waaier
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Grace Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 63
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Hillstraat 19, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Gracie's Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hillstraat 19, Clarens, 9707, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang