Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Greenwood Lea Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Panorama-weg 26, Hilton, 3245, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Greenwood Lea Cottage is in 'n stil voorstad van die lieflike dorpie Hilton en is net 3 km buite die dorp. Die kothuis is naby St Annes Diocesan College, Hilton College en die vernaamste Pietermaritzburg-skole is net om die draai.

Die kothuis is ongeveer 2 km van die N3 af en is dus die perfekte oornagblyplek vir gaste op pad na die kus of binneland.

Midmar-dam is ongeveer 10 minute van die verblyf af en die Sakabula Gholfbaan nog nader. Die kothuis is ongeveer 10 km vanaf Howick en die Umgeni Vallei Natuurreservaat.

Gaste kan die gewilde Midlands Meander van Hilton af verken. Die Midlands Meander is 'n strook in die pragtige KwaZulu-Natal wat strek vanaf Hilton in die suide al die pad tot by Mooirivier en dit spog met kuns en kunsvlyt, opwindende kookkuns en vele meer.

Greenwood Lea Cottage is die perfekte toevlugsoord vir gaste wat op soek is na 'n rustige, romantiese wegbreek.

Die knus kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed met pragtige perkallinne. Die en suite-badkamer het 'n groot stort, toilet en wasbak. Groot, wit, luukse badhanddoeke en warm japonne word voorsien.

Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolf, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Ekstras word voorsien insluitend vars blomme, beskuit, koekies, vars vrugte en sjerrie.

Die kothuis het 'n platskerm-TV met Netflix en YouTube. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die houtdek her braaigeriewe en buitemeubels sodat gaste lekker kan ontspan. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Greenwood Lea Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Panorama-weg 26, Hilton, 3245, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Panorama-weg 26, Hilton, 3245, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA80cce1fa04d97eb322795a6bf537801ac802acb5ed826333a31c50cc32d5bfbd289bdd446d902a555869cfb13159cd51c694?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense 26 Panorama Road Hilton 3245 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.552793 30.285581
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem