Constantia Akkommodasie by Groot Constantia Villa | LekkeSlaap
+11

Groot Constantia Villa

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 11:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 30 Pagasvlei Pad, , Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R6 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Groot Constantia Villa is in die hart van die pragtige Constantia-vallei geleë, aan die rand van die wêreldbekende wingerde van Groot Constantia. Dit is in een van die mees eksklusiewe liggings in Suid-Afrika, wat gaste algehele gemak en rustigheid bied.

Die gastehuis is 'n ruim en luukse gesinswoning. dit beskik oor 5 slaapkamers op die boonste vloer met balkonne wat oor die Constantia-vallei, die berge en historiese wingerde uitkyk. Die formele leefvertrek op die boonste verdieping is toegerus met gerieflike meubels en stylvolle dekor en 'n pragtige uitsig oor Valsbaai.

Die grondvloer van die villa spog met 'n groot, informele leefvertrek met 'n kroeg, pooltafel, kaggel en 'n groot teater- en klanktoestel. Daar is ook 'n ruim eetkamer en groot ontwerperskombuis, ten volle toegerus met Miele-toebehore en 'n afsonderlike waskamer. Die ingangsportaal lei na 'n private studeerkamer met WiFi-internetgeriewe.

'n Groot gazebo, toegerus met 'n klankstelsel, pizza-oond en braaigeriewe is perfek vir buite-onthaal. Kyk uit oor 'n sonverhitte swembad, pragtige tuin met asemrowende uitsig oor die berge - die perfekte ligging vir ontbyt en skemerkelkies. Daar is ook 'n eie organiese groente- en kruietuin. Pluk jou eie aarbeie, youngbessies en druiwe!

Die villa bied direkte toegang tot die wingerde van Groot Constantia en sy talle wandelroetes en pragtige uitsigte. Daar is ook 'n museum, wynproelokaal en restaurant.

Ons uitstekende sekuriteit (die perseel is heeltemal ommuur, het elektriese heinings, elektriese hekke en 'n alarm in die huis en 'n 24-uur ADT-veiligheidspatrollie), bied gaste 'n rustige en veilige verblyf.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Portugees

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Groot Constantia Villa
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 30 Pagasvlei Pad, , Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Gaste dink Groot Constantia Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R6 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf R6 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 11:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 30 Pagasvlei Pad, , Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcyMjliNzRhLTkyNTgtNGMxNC1iZjRhLWRlMjU3OTI1NjA0Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R6 000  per nag (plek vir 10) 1 5 1 5 30 Pagasvlei Road Constantia 7806 Wes-Kaap 086 999 0018 11:00-00:00 10:00 -34.029340131195 18.429222106934
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za