Grootgeluk Bush Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 12 Aug 2019 tot 8 Des 2019.

Beskrywing

Grootgeluk Bush Camp is langs die Ramsar Nylsvley-bewarea en sowat13 km vanaf Mookgopong.

Verblyf is beskikbaar in 14 selfsorg-eenhede en 8 kampplekke met slaapplek vir altesaam 70 gaste. Die 6 groter gesin-chalets het hul eie badkamer en die 8 kleiner chalets en kampterrein het ablusieblokke langsaan. Kosmaak-geriewe sluit braai-areas en parrafienstowe in. Braaihout en ys word op die perseel verkoop. Gaste het toegang tot 'n privaat boma, gratis WiFi en 'n swembad. Gasye kan ook by die plaaslike damme visvang.

Wilde diere wat hier voorkom sluit sebras, kameelperde, rooibokke, vlakvarke, bosvarke, waterbokke, rietbokke, bosbokke, njalas, rooikatte, jakkalse, bruin hiënas, nagapies, ystervarke, muishonde en blouapies in. Wildritte kan op die plaas bespreek word. Voëlkykers kan ’n verskeidenheid voëlspesies dophou vanuit die voëlskuilings langs die pragtige damme op die terrein. Grootgeluk Bush Camp is as 'n e-voëlkykplek gelys.

Die grondpad van 8 km wat na die kamp lei is toeganklik vir enige voertuig. Gaste word versoek om navraag te doen oor die toestand van dié pad in die reënseisoen voor vertrek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Grootgeluk Bush Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R320 R272 per nag (plek vir 6)

Kry 15% af. Geldig vanaf 12 Aug 2019 tot 8 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za