+48
Selfsorg in Overberg

Guideboat Lagoon Retreat

4 gaste

2 slaapkamers

2 beddens

2 badkamers

  • Slaapplek vir 4 gaste
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Wortel Gat Farm, Overberg, 7210, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Guideboat Lagoon Retreat is 'n pragtige selfsorghuis in 'n rustige omgewing tussen 2 voëlbewareas net 12 km buite Stanford. Dit is heeltemal onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk.

Die hoofslaapkamer het moderne afwerkings, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n ovaalbad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Albei slaapkamers het ook kaggels.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n toonbank met sitplek en 'n etenstafel. Die oopplan-leefarea het 'n gemaklike L-vormige rusbank, 'n TV met Netflix en 'n houtvuurkaggel.

Die stapeldeure lei na 'n groot dek met 'n uitsig oor die strandmeer en melkhoutboomwoud. Daar is 'n outentieke wynvat-houtvuurwarmbad onder die melkhoutbome met 'n uitsig oor die strandmeer en 'n dek op die strandmeeer se oewer met 'n uitsig oor die sandsteenrotse. Die huis se dek het 'n kuierarea met groot braaigeriewe en 'n pizza-oond waar gaste gehaltetyd kan deurbring, malvalekkers braai en die sonsondergang bewonder.

Verder kan gaste al die ekstra geriewe van die huis benut, op die dek sonbaai, natuurroetes tussen die veldblomme verken, kajak vaar of in die warmbad onder die bome agteroorsit.


Kamer-opset

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.6
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

David Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 14

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Wortel Gat Farm, Overberg, 7210, Wes-Kaap
  • Gaste dink Guideboat Lagoon Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 6 000
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 6 000
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 6 000
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Wortel Gat Farm, Overberg, 7210, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 4 gaste
  • Geen kinders onder 12
  • Soos Gesien op Facebook
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcc54383e3b35e7f54cc53ed8a8a8d30ba743e2aa45834d6f2407f538cb360d00f2a7baef60b84e19d56fe91340a8aad9f433?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 000 per nag (plek vir 4) 5 5 1 5 Wortel Gat Farm Overberg 7210 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-18:00 10:00 -34.428168871882 19.347597094729
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang