Hampton House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ons gewilde en goed ingerigte gastehuis is oorspronklik in 1953 in Clubview, Centurion, gebou. Dié oase van rus en vrede lê dus in die middel van al die aksie van die stad.

Ons gaste kan oornag in een van 5 ruim kamers, elk na 'n Skotse Eiland vernoem. Elkeen van die kamers het koningingrootte-beddens met gehalte perkale linne, verekomberse en -kussings, sowel as komberse van sybokhaar vir 'n luukse en gemaklike nagrus. Elke kamer het 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n ekstra buitedeur om privaatheid te verseker. Ander geriewe sluit in 'n lessenaar, gratis WiFi, koffie- en teemaakgeriewe, DStv, 'n yskassie, waaier/lugversorger, elektriese komberse en verwarmers, 'n haardroër, mikrogolfoond, strykyster en 'n -plank op versoek.

Daar is 'n swembad, braai-area, WiFi en veilige parkeerplek beskikbaar. Ons is ook troeteldiervriendelik.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Zoeloe

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hampton House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za