Heatherdale Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Heatherdale Guest House is in Heatherdale AH in Akasie, Pretoria geleë. Dié gastehuis bied verblyf aan toeriste, vakansiegangers en sakereisigers.

Die Heatherdale-gastehuis het 10 en suite-kamers. Daar is 3 Ekstra Luukse kamers wat elkeen 'n dubbelbed of 'n dubbelbed en 'n enkelbed het. Een van dié kamers spog met 'n bederfbad. Die 8 Standaardkamers het elkeen 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Daar is 'n Selfsorg-kamer en 2 Selfsorg-kothuise wat geskik is vir 2 volwassenes en 2 kinders onder 10 jaar.

Die kamers is elkeen stylvol ingerig met 'n unieke kleurskema. Daar is 8 kamers wat toegang tot die tuin bied. Sommige kamers het lugversorging.
'n Babakot en addisionele beddens kan versoek word. Daar is 'n rolstoelvriendelike kamer met maklike toegang om die huis en tuin vir 'n rolstoel. 'n Bababed en ekstra beddens kan ook gereël word.

Ontspan, lees of sit en gesels in ons gemaklike en stylvolle dubbelsitkamer of geniet die groot tuin in die skaduwee van doring-, palm- en jakarandabome. Daar is braaigeriewe langs die swembad en 'n koidam wat gaste kan geniet. Toegangsbeheer tot die perseel, 'n 2,4 m veiligheidsheining en 'n paalheining sal sorg dat gaste veilig is, en veilige, gerieflike parkeerplek word ook voorsien.

'n Kontinentale ontbyt kan in ons eetkamer of buite in die tuin geniet word. Middag- en aandete kan op versoek bedien word. Ons bedien graag vir ons buitelandse gaste tradisionele kosse, indien hulle dit versoek.
Middagete-pakkies is op versoek beskikbaar.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Heatherdale Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za