Heavenly Garden Cottage in the Trees and Hobbit House
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Duikerstraat 1, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Heavenly Garden Cottage in the Trees and Hobbit House is in Koringberg geleë, 'n vreedsame dorpie in die Wes-Kaap met historiese Victoriaanse huise. Die stilte word so nou en dan onderbreek deur 'n goederetrein wat deur die koringlande en die middedorp ry.
Verblyf word gebied in 2 selfsorgkothuise - Cottage in the Trees en Hobbit House. Die kothuise is in 'n ongewone vetplant- en kaktustuin geleë en daar is ook 'n klein kwekery waar plante te koop is. Daar is selfsorggeriewe in die kothuise, 'n braailapa en 'n swembad. Die dammetjie voor die kothuis het heelwat visse en lok ook voëltjies wat kom water drink. Gaste mag dalk 'n inwonende skilpad en muishond in die tuin teëkom.
WiFi is beskikbaar en daar is 'n verskeidenheid konsert-DVD's tot gaste se beskikking. Daar is ook 'n groot tuin om te verken as die weer lekker is, en as dit koud as kan gaste lang die kaggel opkrul en TV kyk.
Die kothuise grens aan die koringlande en berge. Daar is staproetes naby die perseel, en talle plase in die omtrek waar gaste kan wynproe. Koringberg is in die hartjie van die Swartland naby Weskusdorpies soos Darling, Aurora, Velddrif en Riebeek Kasteel, en is net 110 km van Kaapstad af.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Duikerstraat 1, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
- Gaste dink Heavenly Garden Cottage in the Trees and Hobbit House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Koringberg Swartland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Duikerstraat 1, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18