LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Hezekiah Game Farm | LekkeSlaap
+31

Hezekiah Game Farm

  • Kapasiteit: 37 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 137, Alkmaar, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Hezekiah Game Farm is sowat 15 km buite Nelspruit, in die skilderagtige Alkmaar-streek, geleë. Hierdie wildsplaas word besit en bestuur deur die Coetzee-familie. 'n Gedeelte van die plaas word gebruik as 'n kommersiële boerdery, op kleinskaal. Die ander deel is 'n wildsplaas.

Al 3 die eenhede is naby die dam en bied fantastiese uitsigte oor die omliggende omgewing. Dis ook baie veilig. Elke eenheid het 'n TV met DStv en lugversorging. Die oorspronklike kothuis van klip bestaan uit 2 gemaklike slaapkamers met dubbelbeddens. Die kothuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n oopplan-kombuis met 'n yskas-vrieskas, drieplaatstoof, mikrogolfoond, broodrooster en ketel. Alle potte, panne, breekware en eetgerei word voorsien.

Die 2 eenhede van hout is baie gewild! Beide eenhede is volledig toegerus vir selfsorg, en het 'n yskas, vrieskas, elektriese stoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, potte, panne, breekware en eetgerei.

Hier sal jy 'n hele aantal wildsbok-spesies soos die koedoe, njala, impala, klipspringer en duiker aantref. Die ryk voëllewe sal jou ook bekoor. Hier is 'n magdom plaaspaaie vir motorfietsryers, voetslaners en bergfietsryers beskikbaar. Die dam is geskik vir varswaterhengel op 'n vang-en-vrylaat-basis. Daar is ook 'n trapboot met sitplek vir 4 gaste beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 74 resensies vir Hezekiah Game Farm
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Plaas 137, Alkmaar, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink Hezekiah Game Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Panoramaroete Mpumalanga
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 37 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 137, Alkmaar, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg3MWJmZDgxLTAzYmMtNDNmYy04MTQ5LTQ4MGIwYTFiM2I0ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) 74 5 1 5 Farm 137 Alkmaar Nelspruit 1200 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.455340732676 30.855123996735
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!