LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Holingsberg Chalet | LekkeSlaap
+19

Holingsberg Chalet

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Muriel-plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 000 per nag (vir 10 persone)

Beskrywing

Holingsberg Chalet is op 'n 400 hektaar plaas geleë, met asemrowende uitsigte oor die vallei. Die plaas is na aan Dullstroom in Mpumalanga.

Holingsberg Chalet is 'n dubbelverdieping-eenheid met 2 groot dubbelkamers, 1 met 'n en suite-badkamer en die ander 1 met 'n aparte badkamer. Die solderkamer beskik oor 4 enkelbeddens, 'n dubbelbed en 'n badkamer. Ontspan in die ruim eetkamer en sitkamer voor die kaggel en geniet die lieflike sonsondergang vanaf die patio terwyl jy 'n vleisie oor die kole gooi. Die chalet is volledig gemeubileer en die kombuis is toegerus met alles wat jy sal benodig vir selfsorg. Al die toestelle werk met gas.

Die chalet is nie op die Eskom-stelsel nie en werk met gas en sonkrag. Ons is tussen die mooiste grasvelde en blomme geleë en die area spog met voëls en klein wild. Dit is ideaal vir kunsvlieghengelaars, natuurliefhebbers of 'n gesin op soek na 'n wegbreek. Daar is nie kragpunte in die eenheid nie.

Daar is 3 privaat damme stapafstand van die chalet af wat uitstekende geleenthede vir kunsvlieghengel bied. Die eenheid kyk oor 'n foreldam uit, waar gaste ook lekker kan visvang. Die chalet is maklik bereikbaar via 'n 5 km lange teerpad.

Holingsberg bied ook jag-geleenthede. Die plaas kan verken word te voet of met 'n bergfiets of, indien jy dit so verkies, kan jy net op die veranda sit en aan 'n verfrissende drankie teug terwyl jy die sonsondergang oor die vallei waardeer. Holingsberg is 'n ware toevlugsoord vir die kranige kunsvlieghengelaar of natuurliefhebber.

Slaapplek

’n Bespreking by Holingsberg Chalet sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 6 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir Holingsberg Chalet
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Muriel-plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Holingsberg Chalet het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 000
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R4 000
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Muriel-plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkzMTJiZTgwLTQ1OGEtNGQ4OC1iMzg4LTczZjA1OTA5OTAwNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 000  per nag (vir 10 persone) 5 5 1 5 Farm Muriel Dullstroom 1110 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.418805 30.1479
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!