Oesterbaai Akkommodasie by Huisie By die See | LekkeSlaap
+14

Huisie By die See

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Katonkelstraat 285, Oesterbaai, 6301, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Huisie By die See is in Oesterbaai geleë en bied gehalte-verblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende. Dis naby die strand, 'n winkel, restaurante en ander geriewe.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n wasmasjien. Die toilet is apart van die badkamer.

Die oopplan-kombuis het 'n stoof, oond, yskas, kisvrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n eetarea en toegang tot 'n stoep met 'n pragtige see-uitsig.

Daar is braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel.

Slaapplek

’n Bespreking by Huisie By die See sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 1 resensie vir Huisie By die See
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Katonkelstraat 285, Oesterbaai, 6301, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Katonkelstraat 285, Oesterbaai, 6301, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAqiCxAzRoJbqBeeLuUfzpmliOzka5jr0iWNmjqtrFQtDdysX5jA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 285 Katonkel Street Oyster Bay 6301 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.171596 24.660089
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za