Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

In Abundance

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Rose- en Bathstraat, Montagu, 7441, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

In Abundance is 'n luukse gastehuis in Montagu, sowat 180 km vanaf Kaapstad. Montagu lê langs die sameloop van die Keisie- en Kingnariviere. Die area is veral bekend vir sy pragtige berge, warmwaterbronne, wingerde, plaaslike kruie en rotsformasies. Dis die ideale wegbreekplek vir paartjies of vakansiegangers op soek na rustige verblyf ver van die stad se gedruis.

Daar is verblyf in 5 kamers, elk met slaapplek vir 2 gaste. Die huis kan ook as geheel bespreek word met plek vir 10 gaste (plus tot 3 kinders). Elke kamer het 'n uitsig oor die die rivier, tuin, swembad of op die berge. Elke kamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed, wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word, en 'n en suite-badkamer. Daar is ook 'n uittrekbed en tot 2 matrasse vir ekstra kinders. Al die linne is 100% perkalkatoen, individueel ontwerp en met die hand geborduur. Elke kamer het ook geriewe soos komplimentêre eetgoedjies, gefiltreerde water, 'n eerlikheidskroegie en koffie- en teemaakgeriewe.

Die gastehuis bied ook gratis WiFi, 'n tuin en 'n 10 m lange swembad.

Besienswaardighede in die omgewing sluit heerlike, plaaslike restaurante, koffiewinkels asook geskenkwinkels in. Die verblyf is na aan die Robertson Wynvallei en kan maklik bereik word vanaf die skilderagtige Roete 62. Dis ook ideaal vir fietsryers, stappers of bergklimmers.

Kenmerke

Swembad
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 6 resensies vir In Abundance
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.8/5

Hanno Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 6

Jaar gelys 9

Ligging

  • H/v Rose- en Bathstraat, Montagu, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink In Abundance het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Rose- en Bathstraat, Montagu, 7441, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAqrwc4yEQceRMm665odB5Hc0G02Shj8VmSUQzi68rRvVbbm1o4E?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 Corner of Rose Street and Bath Street Montagu 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.787930783593 20.114631727338
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem